Tetisoseaan

Die eerste fase van die Tetisoseaan se vorming: Die (eerste) Tetisoseaan begin Pangaea verdeel in twee superkontinente, Laurasië en Gondwana.

Die Tetisoseaan, Tetissee of Neo-Tetis (ook Tethis gespel), was ’n oseaan gedurende ’n groot deel van die Mesosoïese Era. Dit was tussen die antieke kontinente Gondwana en Laurasië geleë voor die opening van die Indiese en Atlantiese Oseaan tydens die Krytperiode.

Die naam kom van die Griekse godin Tetis, die suster en lewensmaat van Okeanos; sy was die moeder van die groot riviere, mere en fonteine en van die Okeaniede (seenimfe).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy